Niet blij met je aankoop? Geeft niet! Je kunt artikelen tot 30 dagen retourneren
Met een cadeaubon zit je altijd goed. De ontvanger kan de cadeaubon voor alles uit ons assortiment inwisselen.
Tot 30 dagen retourrecht
Ons viermanskap, die tweeling Janet en Jasper, en hul vriende Karel en Roelien ontmoet die eerste dag van die nuwe jaar. Die spogskool op Bashoek ontvang die nuwe jaar se leerlinge.
Net Roelien is 'n privaatleerling, maar hulle vriendskap is uniek.
Gerda kom van die stad en het in die kinderhuis grootgeword. Sy is eensaam, maak moeilik maats en raak deurmekaar met Lochie in standerd agt.
Vreemde dinge gebeur en natuurlik probeer die viermanskap hul bydrae lewer.
Die maatskaplike werkster en haar takhaar mansvriend is ook nie so onskuldig nie. Die viermanskap span kragte saam, en bewys hul lojaliteit aan die skool en hul gemeenskap.
Bashoek tree trots uit die stryd.