Niet blij met je aankoop? Geeft niet! Je kunt artikelen tot 30 dagen retourneren
Met een cadeaubon zit je altijd goed. De ontvanger kan de cadeaubon voor alles uit ons assortiment inwisselen.
Tot 30 dagen retourrecht
Die dag toe Johan en sy maats by die rivier gaan piekniek hou het, kon hy nooit raai wat alles daar sou gebeur nie. Na daardie dag was die lewe nooit weer dieselfde vir hom nie.
Maande lank was hy in die hospitaal en het hy sy beste vriend verloor. Die lewe het vir hom 'n groot nagmerrie geword! Hy moes leer om aan te pas by die lewe in 'n rolstoel - iets wat hom woedend gemaak het. Hy is bitter omdat hy so afhanklik van ander mense is. Hy glo dat sy lewe nou in 'n doodloopstraat beland het en dat daar niks goeds daarvan kan kom nie.
Toe sterf sy oupa en laat hy 'n horlosie agter. Vir een of ander rede begin Johan dink dat hierdie horlosie glad nie so doodgewoon is nie, maar sy ouers neem hom nie ernstig nie - hulle spot selfs met hom daaroor!
Sal Johan ooit weer kan loop? Sal sy boesemvriend nie tóg die verlede agterlaat en weer vir hom kom kuier nie? En sal sy vriendin, vir wie hy so lief is, hom ooit raaksien? Dit is vrae wat hom pla, sal die horlosie dalk antwoorde bring.
Hoi! Ik ben Libroamiko, je boekadviseur.
Hoe kan ik je helpen?