Niet blij met je aankoop? Geeft niet! Je kunt artikelen tot 30 dagen retourneren
Met een cadeaubon zit je altijd goed. De ontvanger kan de cadeaubon voor alles uit ons assortiment inwisselen.
Elke huis het sy kruis. Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van 'n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met 'n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van 'n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie. Terwyl Luna sukkel om 'n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maakMike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op 'n geheimesending onder die geledere van 'n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwevoorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hyklop nie. Soos Mike homself in die onderwreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haareie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kindersdalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant diestraat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haarondersoek beweeg? Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarinskuil moet trotseer. Bloedbande is die vierdie boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.
Hoi! Ik ben Libroamiko, je boekadviseur.
Hoe kan ik je helpen?