Niet blij met je aankoop? Geeft niet! Je kunt artikelen tot 30 dagen retourneren
Met een cadeaubon zit je altijd goed. De ontvanger kan de cadeaubon voor alles uit ons assortiment inwisselen.
"e;Comrade president, Stellenbosch is 'n groot probleem. Ons weet jy is na aan Stellenbosch ... ons het Stellenbosch nie tot die parlement verkies nie. Ons het nie die Ruperts verkies nie."e; - DIE EFF-LEIER JULIUS MALEMA AAN PRESIDENT CYRIL RAMAPHOSADaar word bitsig na hulle as die "e;Stellenbosch-Mafia"e; verwys en baie reken die klub van miljarders wat in en om die Bolandse dorp woon, is die ergste voorbeeld van witmonopoliekapitaal. Hul kritici kla oor hul invloed op die staat en die ekonomie, maar wie is hierdie groep ongelooflike ryk Afrikaanssprekende individue en hoeveel mag het hulle werklik? Die skrywer en joernalis Pieter du Toit het ondersoek gaan instel op Stellenbosch, een van die welvarendste dorpe in die land, wat deur talle as 'n hoeksteen van die Afrikanerdom beskryf word. Hierdie dorp is immers die geboorteplek van talle Afrikanerintellektuele, politieke leiers, asook vele sakemanne en hul sakeryke. Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljarders: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Watter netwerke het ontstaan danksy gedeelde direksies, alliansies enfamilieverbintenisse? Hy bied 'n intieme blik op Johann Rupert se sakeryk en beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal op Stellenbosch gehad het.
Hoi! Ik ben Libroamiko, je boekadviseur.
Hoe kan ik je helpen?