Niet blij met je aankoop? Geeft niet! Bij ons kun je binnen 30 dagen retourneren
Met een cadeaubon zit je altijd goed. De ontvanger kan de cadeaubon voor alles uit ons assortiment inwisselen.
In Troep! vertel meer as 'n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Tussenin le stories van varkpanne, tiekiebokse, twee-komma-viers, boeliebief, die DB, ryloop, pakkies, bosbussies, naweekpas, ratpacks, stof, Buffels, landmyne en skrapnel - en ook herinneringe van vriende, seuns en broers wat nie teruggekom het nie. Bun Booyens voeg al hierdie stemme saam tot die verhaal van die uitsonderlike dinge wat duisende gewone seuns beleef het. Hierdie stories sal 'n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra - dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.